Sake-ontbyte
Drie tot vier sake-ontbyte word elke jaar aangebied. Dit word gewoonlik bygewoon deur 100 tot 120 gaste en aangebied by die borg se onthaalplek. Voormalige ontbyte is al gehou by die FBN-hoofkwartier en die V&A Hotel. Ontbytgangers word bederf met ‘n volledige aansit-ontbyt en ‘n praatjie deur ‘n invloedryke spreker. Nie net is dit ‘n insiggewende manier om jou dag mee te begin nie, maar dit eindig ook vroeg genoeg sodat jy jou werksdag nog met ywer kan aanpak.
Sluit Nou Aan!
Een van die groot voordele van lidmaatskap is dat lede afslag van 10% op die standaardsitplekprys vir die Sakeleier van die Jaar-banket geniet. Die enigste vereiste is dat lede voor die afsnydatum ’n tafel bespreek en betaal.
Sluit Nou Aan!