AGTERGROND


Die Kaapstad Sakekamer, bestuur deur die AHi Wes-Kaap (Afrikaanse Handelsinstituut) is ‘n invloedryke netwerk van eendersdenkende ondernemings. Die doelwit is om die ekonomiese belange van alle lede aktief te bevorder. Die hoogtepunt van die sakekamer se bedrywighede is ‘n jaarlikse banket waartydens die Sakeleier van die Jaar aangewys word. Drie tot vier sake-ontbyte word ook per jaar gehou waar gesaggewende sprekers optree. Alle geleenthede word georganiseer in samewerking met Die Burger en Media24.

The Kaapstad Sakekamer, governed by the AHi Western Cape (Afrikaanse Handelsinstituut), is an influential network hub of like-minded businesses. Its goal is to actively promote the economic interests of all its members. A banquet is held annually during which the Business Leader of the Year is announced. Three to four networking breakfasts are also held per year with distinguished speakers. All events are organised in collaboration with Die Burger and Media24.

KOMITEELEDE


Voorsitters van die Kaapstad Sakekamer


  • Dr. J.M. van Aswegen – 1945-1949
  • Mnr. W.H. Andrag – 1949-1952
  • Dr. G.H. Hansmann – 1952-1957
  • Mnr. B.S. de Villiers – 1957-1959
  • Mnr. C.J.H. van Aswegen – 1959–1961
  • Mnr. J.A. Bonthuys – 1961-1963
  • Mnr. H.L. Greyling – 1963-1965
  • Mnr. C.W.F. Neethling – 1965-1967
  • Mnr. M.J. van Zyl – 1967-1969
  • Mnr. S.A. Marais – 1969-1971
  • Mnr JA Baard – 1971-1973
  • Mnr. J.P. Pretorius – 1973-1974
  • Mnr. J.G. Louw – 1974-1976
  • Mnr. W.P.D. Loubser – 1976-1978
  • Mnr. W.A. Dreyer – 1978-1979
  • Mnr. D.G. Steenkamp – 1979-1981
  • Mnr. P.P.W. Voges – 1981-1983
  • Mnr. G. Colyn – 1983-1985
  • Mnr. J.P. Cloete – 1985-1987
  • Mnr. H.L. Schwartz – 1987-1988
  • Mnr. J.Y. van der Lecq – 1988-1989
  • Mnr. Mof Terreblanche – 1989-1991
  • Mnr. M.L. Smith – 1991-1992
  • Mnr. J. du Plessis – 1992-1993
  • Mnr. I.J. Mouton – 1993-1994
  • Dr. J.N. Steyn – 1994-1995
  • Mnr. Hennis Schreuder – 1995-1996
  • Mnr. Stephen Claassen – 1996-1998
  • Mnr. Hannes Norval – 1998-2000
  • Mnr. Eric Marais – 2001
  • Mnr. Horton Griffiths – 2001-2004
  • Mnr. Abraham van Zyl – 2004-2005
  • Mnr. Martin van Jaarsveld – 2005
  • Mnr. Gert du Plessis – 2006-2009
  • Mnr. Albert Geldenhuys – 2009-2011
  • Mnr. Steve Immelman – 2012
  • Mev. Riana Grobler – 2013
  • Mnr. Thys Lombard – 2014
  • Mev. Karin Pickard Louis – 2015-2020

30 Jaar van Sakeleiers – Onderhoud met Ebbe Dommisse


Die Kaapstad Sakekamer se Sakeleier van die Jaar is ‘n prestige geleentheid wat vanjaar sy dertigste bestaansjaar vier. Dr. Ebbe Dommisse, wat dié trotse tradisie as toenmalige redakteur van Die Burger saam met Mof Terreblanche, destydse voorsitter van die Kaapstad Sakekamer begin het, dink terug.

“Die idee met die toekenning was om erkenning te gee aan sakeleiers wat ‘n besondere bydrae tot die Wes-Kaapse ekonomie gelewer het, hetsy as entrepreneurs wat werk en welvaart geskep - of as gevestigde ondernemers wat die Wes-Kaapse ekonomie sterk uitgebou en ‘n verdienstelike gemeenskapsbydrae gelewer het.”

Wat begin het as ‘n idee, sou groei tot een van die hoogtepunte op die Kaapse sake- en mediakalender.

Dertig verkose sakeleiers later, meen hy dat dr. Anton Rupert - wat in 1999 as Die Burger se Sakepionier bekroon is - dalk dié sakeleier is wat ‘n blywende indruk gelaat het.

“Hy dien steeds as so ‘n besondere rolmodel vir die nageslag en het ‘n durende gemeenskapsgerigte bydrae gelewer,” sê dr. Dommisse.

Die ekonomiese en sakelandskap lyk heelwat anders as in 1990. Oor watter eienskappe moet 'n sakeleier deesdae beskik te midde van die huidige, unieke uitdagings?

“Veerkragtigheid, innovasie en die aangryp van geleenthede selfs te midde van ‘n onkapabele staat, gepaard met integriteit en nakoming van die drieledige verantwoordelikheid teenoor aandeelhouers, werknemers en die breë gemeenskap waar hy of sy sake doen.”

Sy boodskap aan toekomstige sakeleiers?

“Onthou die Chinese spreekwoord: Elke ramp is ook ‘n geleentheid.”