Welkom by Kaapstad Sakekamer
Die Kaapstad Sakekamer ondersteun sakelui wat ‘n bydrae tot die ekonomie én gemeenskappe lewer om ‘n erfenis van inspirasie en hoop na te laat.
The Cape Town Business Chamber supports business leaders who uplift the economy as well as communities to leave behind a proud heritage of inspiration and hope.
WAT BIED DIE KAAPSTAD SAKEKAMER?
Van sakeplanne tot ‘n spogbanket – voorsitter Karin Pickard Louis skryf oor wat lede van die Kaapstad Sakekamer te wagte kan wees.
Almal vra altyd wat die voordele daarvan is om ’n lid van ’n sakekamer en spesifiek Kaapstad Sakekamer te wees. Hoewel redes kan wissel van kamer tot kamer en daar verskille is tussen stedelike en plattelandse sakekamers, is daar ’n paar dinge wat vir almal dieselfde is. Kaapstad Sakekamer is, soos baie ander Wes-Kaapse kamers, geaffilieer met die Afrikaanse Handelsinstituut Wes-Kaap.
Funskies
Afslag vir lede
Een voordeel wat ingeskrewe en opbetaalde lede het, is afslag van 10% op die standaardsitplekprys vir hierdie geleentheid indien hulle voor die afsnydatum ’n tafel bespreek en betaal. Die totale afslag is gewoonlik meer as die jaarlikse ledegelde (afhangend van die lidmaatskapvlak).
En dan natuurlik bly ’n sakekamer ’n plek waar netwerke gebou en versterk word.
Sluit asseblief aan en word ’n aktiewe lid. Oorweeg selfs om by die bestuur aan te sluit. Dit is regtig die moeite werd.
Konferensies
Die AHi Wes-Kaap het platforms geskep vir gereelde samesprekings en interaksie met die provinsiale regering sowel as munisipaliteite, spesifiek ook die Stad Kaapstad.
Daar word gereelde konferensies gereël in oorleg met die owerhede. Verlede jaar in September was daar byvoorbeeld ’n konferensie wat gefokus het op alternatiewe energiebronne – ‘n kwessie wat nog meer relevant geword het ná die onlangse gereelde beurtkrag.
Later vanjaar word ’n konferensie beplan wat sal fokus op ontwikkelingsgeleenthede in Kaapstad se noordelike voorstede. Albert Geldenhuys, ’n lid van Kaapstad Sakekamer se bestuur, se taak as ’n direkteur van AHi Wes-Kaap is die skakeling met Stad Kaapstad.
Die afgelope jaar is gespreksgeleenthede met Stad Kaapstad geskep oor onder meer die rolprentbedryf, infrastruktuurontwikkeling, die herontwikkeling van Nuweland-rugbystadion, tenderprosesse, probleme met plangoedkeuringsprosesse, en dies meer.
Sosiale media
Daar is besluit om die AHi-webtuiste en sosiale mediaplatforms meer toeganklik te maak vir sy lede. Dienste en handelsgeleenthede sal deur die lede-portaal bedryf word. Nuus uit die sakekamers sal gereeld deurgegee word in ons weeklikse nuusbrief wat sakekamer-aktiwiteite in die Wes-Kaap sal behels.
AHi Wes-Kaap
Die AHi het einde verlede jaar sy sakeplanne vir 2020 bepaal. Dit behels kortliks die volgende: